Inni-Woud Klasse

Olifant Klas

Die klein olifantjies is baie opgewonde om nuwe maatjies te kry, en kan nie wag dat hulle ʼn plekkie in die klas inneem nie.

Ons volg ʼn stimulerende dagprogram en maak seker babas ontvang ook voedsame kossies daarby.

Buite Kurrikulêre aktiwiteite ingesluit vir babas

Babagym

Program van Dr. M de Jager wat help om mylpale te bereik.

Pikaninimusiek

Musiekstimulasie deur middel van instrumente, klank, dans en sing.

We Can Talk

Baba gebaretaal waar babas +- 50 handgebare aanleer as kommunikasie.

Wat pak ek vir my kleuter

  • 8 Doeke per dag
  • Pakkie wet wipes vir boudjies
  • Boudjiesalf
  • Laken, kussing en 2 kombersies vir my bedjie
  • Sonroom en sonhoedjie
  • My formule melk/borsmelk (indien baba borsvoed.)
  • 2 Ekstra stelle klere en ʼn warm baadjie
  • 4 leë winkelsakke
  • 4 pakke wetwipes en 4 bokse tissues vir gesiggie, handjies en neuse (2x per jaar)

Kameelperd Klas

Die kameelperdjies kan nie wag om te sien wie hier hul voete kom vind nie.

ʼn Aksie belaaide kurrikulum rus ons maatjies toe om elke dag nuwe dinge te ontdek. Hier is ook waar “potty training” begin, sodra kleuter gereed is.

Alle buite kurrikulêre aktiwiteite, soos uiteengesit op die tuisblad, is ingesluit by hul program.

Wat pak ek vir my kleuter

  • 8 Doeke per dag
  • Pakkie wet wipes vir boudjies
  • Boudjiesalf
  • Bottels (indien dit gebruik word)
  • Sonroom en sonhoedjie
  • 2 Ekstra stelle klere en ʼn warm baadjie
  • 4 pakke wetwipes en 4 bokse tissues vir gesiggie, handjies en neuse (2x per jaar)
  • “Potty Training” Juffrou sal persoonlik met ouers kommunikeer wanneer die groot dag aanbreek.

Apie Klas

Die Apies hou van rondbeweeg, lekker speel en so leer hulle sonder dat hulle eers weet. Ook dan gepas dat hul kurrikulum presies hiervoor ingerig is.

Alle buite kurrikulêre aktiwiteite, soos uiteengesit op die tuisblad, is ingesluit by hul program.

Wat pak ek vir my kleuter

  • Sonroom en sonhoedjie
  • 2 stelle klere en ʼn warm baadjie
  • Genoeg ekstra onderklere
  • 4 pakke wetwipes en 4 bokse tissues vir gesiggie, handjies en neuse (2x per jaar)

Seekoei Klas

Die Seekoeitjies begin nou selfstandig hul voete vind deur te ontdek, ervaar en te eksperimenteer. Dit is hier waar “self” ʼn werklikheid word vir die kleuter. Glimlagte is breed as hulle op eie stoom doelwitte kan bereik.

Alle buite kurrikulêre aktiwiteite, soos uiteengesit op die tuisblad, is ingesluit by hul program.

Wat pak ek vir my kleuter

  • Sonroom en sonhoedjie
  • 2 stelle klere en ʼn warm baadjie
  • Genoeg ekstra onderklere
  • 4 pakke wetwipes en 4 bokse tissues vir gesiggie, handjies en neuse (2x per jaar)

Zebra Klas

Ons Zebratjies gaan met n drafstap deur hul dag. Ons werk, speel en lag heeldag lank. Nuwe ervarings elke dag en voor jy weet is hulle reg om stof op te skop vir hul groot-skool avontuur.